Show notes
In vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" praat Daniel du Plessis van Sakeliga oor Solidariteit se planne om regstappe teen die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te neem. Tshwane-metro se kredietgradering is skerp afgegradeer en kommer heers oor die verskerpte inperkingsmaatreëls se invloed op sakeondernemings.

